Vlootverdrag van Washington

Ondertekening van die Washington-vlootverdrag.

Die Vlootverdrag van Washington of die Washington-vlootverdrag, ook bekend as die Vyfmag-verdrag, was 'n verdrag wat gedurende 1922 onderteken is onder die groot bondgenote van die Eerste Wêreldoorlog 22, wat ingestem het om 'n wapenwedloop te voorkom deur vlootkonstruksie te beperk. Dit is onderhandel tydens die Washington-vlootkonferensie, gehou in Washington, D.C., van November 1921 tot Februarie 1922, en dit is onderteken deur die regerings van Groot-Brittanje, die Verenigde State, Frankryk, Italië en Japan. Dit het die konstruksie van slagskepe, slagkruisers en vliegdekskepe deur die ondertekenaars beperk. Die getalle van ander kategorieë oorlogskepe, insluitend kruisers, torpedojaers en duikbote, is nie deur die verdrag beperk nie, maar daardie skepe is beperk tot 10 000 ton verplasing elk.

Die verdrag is op 6 Februarie 1922 gesluit. Bekragtigings van daardie verdrag is op 17 Augustus 1923 in Washington uitgeruil en dit is op 16 April 1924 in die Volkebond-verdragreeks geregistreer.[1]

Later vlootwapenbeperkingskonferensies het addisionele beperkings van oorlogskipbou nagestreef. Die bepalings van die Washington-vlootverdrag is gewysig deur die Londense vlootverdrag van 1930 en die Tweede Londense vlootverdrag van 1936. Teen die middel-1930's het Japan en Italië onttrek uit die verdrae, terwyl Duitsland afstand gedoen het van die Verdrag van Versailles wat sy vloot beperk het. Vlootwapenbeperking het al hoe moeiliker geword vir die ander ondertekenaars.

Bepalings

In die breë het die bepalings op die volgende neergekom:

1. Die totale tonnemaat van slagskepe en gevegskruisers, die sogenaamde kapitaalskepe, is vasgestel op 525 000 lang ton, gelykstaande aan 533 400 metrieke ton, standaard verplasing vir beide die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk, 315 000 ton, 320 040 metrieke ton vir Japan , en 175 000 ton , 177 800 metrieke vir beide Frankryk en Italië.

2. Nuwe slagskepe en gevegskruisers is beperk tot 35 000 ton of 35 560 metrieke standaardverplasing.

3. Die maksimum bewapening van slagskepe was beperk tot 16 duim (406 mm) kanonne.

4. Totale vliegdekskip tonnemaat is beperk tot 135 000 ton (137 160 metrieke) vir beide die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk, 81 000 ton (82 296 metrieke) vir Japan en 60 000 ton (60 960 metrieke) vir beide Frankryk en Italië.

5. Nuwe vliegdekskepe kon nie 27 000 ton (27 432 metrieke) oorskry nie. Dit is egter toegelaat om 'n maksimum van 2 vliegdekskepe van 33 000 ton te bou, mits die totale tonnemaat nie oorskry word nie.

6. Kanonne op 'n vliegdekskip moes nie 8 duim (203 mm) oorskry nie.

7. Ander oorlogskepe, behalwe slagskepe of vliegdekskepe, moes nie meer as 10 000 ton (10 160 metrieke) verplaas nie en nie groter as 8 duim kanonne dra nie.

Verwysings

  1. League of Nations Treaty Series, vol. 25, bl. 202–227.

Bronne

  • Baker, A. D., III (1989). "Battlefleets and Diplomacy: Naval Disarmament Between the Two World Wars". Warship International. XXVI (3): 217–255. ISSN 0043-0374.
  • Duroselle, Jean-Baptiste (1963), From Wilson to Roosevelt: Foreign Policy of the United States, 1913-1945, Harvard University Press, ISBN 978-0-67432-650-7 
  • Evans, David; Peattie, Mark (1997), Kaigun: Strategy, Tactics and Technology in the Imperial Japanese Navy, 1887–1941, Annapolis: Naval Institute Press, ISBN 978-0-87021-192-8 .
  • Gardiner, Robert; Chesneau, Roger, reds. (1980). Conway's All the World's Fighting Ships, 1922–1946. Annapolis: Naval Institute Press. ISBN 0-87021-913-8.
  • Howarth, Stephen (1983), The Fighting Ships of the Rising Sun, Atheneum, ISBN 978-0-689-11402-1 
  • Jones, Howard (2001), Crucible of power: a history of US foreign relations since 1897, Rowman & Littlefield, ISBN 978-0-8420-2918-6, https://archive.org/details/crucibleofpower00jone 
  • Jordan, John (2011), Warships after Washington: The Development of Five Major Fleets 1922–1930, Seaforth Publishing, ISBN 978-1-84832-117-5 
  • Jordan, John; Dumas, Robert (2009). French Battleships 1922–1956. Barnsley: Seaforth Punblishing. ISBN 978-1-84832-034-5.
  • Kaufman, Robert Gordon (1990), Arms Control During the Pre-Nuclear Era: The United States and Naval Limitation Between the Two World Wars, New York: Columbia University Press, ISBN 978-0-231-07136-9 
  • Kennedy, Paul (1983), The Rise and Fall of British Naval Mastery, London: Macmillan, ISBN 978-0-333-35094-2 
  • Marriott, Leo (2005), Treaty Cruisers: The First International Warship Building Competition, Barnsley: Pen & Sword, ISBN 978-1-84415-188-2 
  • Paine, S.C.M. (2017), The Japanese Empire: Grand Strategy from the Meiji Restoration to the Pacific War, Cambridge & New York: Cambridge, ISBN 978-1-107-01195-3 
  • Potter, E, ed. (1981), Sea Power: A Naval History (2nd ed.), Annapolis: Naval Institute Press, ISBN 978-0-87021-607-7 
  • Limitation of Naval Armament, treaty, 1922